Ghanzi DRCB

Dutch Reformed Church Botswana



Recent News






Welkom :: Welcome


Afrikaans language:

Welkom by Ghanzi gemeente hier in die hart van die Kalahari, Botswana.

By Ghanzi gemeente sien ons onsself as deel van die wereldwye familie van Jesus Christus, die Seun van God, wat besig is om God se koninkryk (nuwe wereld) nou reeds op aarde te vestig. In die gemeente poog ons om op alle moonlike maniere ruimtes te skep waar ons deur die Gees vir Jesus kan ontmoet. So kan Hy met ons praat, ons vorm en verander om meer en meer soos Hy te leef. Ons sentreer ons gemeente lewe rondom Hom wat ons aanbid as die enigste bron van lewe. Die Een wat ons die kuns van die lewe leer. Niemand van ons is volmaak of sonder foute nie, maar ons hou vas aan Sy liefde vir ons en groei saam onder die liefdevolle afrigterskap van Hom wat ons voorganger, vriend, verlosser, Koning en herder is.  Ons nooi vriend en vreemdeling, kind van God en soeker om saam met ons in die kennis en gemeenskap van Jesus te kom deel.  Vanuit ons kennis van Hom, gun ons vir elke mens die vrede en vreugde van ‘n verhouding met Jesus, ons almal se Maker.

English language:

As part of the Dutch Reformed Church in Botswana, we share the vision of the kingdom of God with all the Christian Churches in our community.

We take the words of Jesus in the gospel of St. John chapter 15 serious to abide in His love by creating spaces for communion with Him and others around the word and through the Spirit. We welcome anyone, believer or seeker to join us in the fellowship of Christ through His Spirit.